Meer Oor Ons

Ons geskiedenis

Meer as Krummels het ontstaan in 2021 toe ons almal in ons huise vas gekluister was. Van toe af kon ek nie weer my menger uit los nie. Nou is bak my liefdes taal. Deur elke feetjie koek en feeskoek, deel ek 'n klein stukkie van my hart met julle.

By meer as krummels is bak meer as net 'n kuns - dit is ons passie en doel. ons is toegewyd om die beste feeskoeke, feetjie koeke te lewer, alles gemaak met liefde en sorg. Elke lekkerny wat ons bak is 'n viering van kwaliteit, geur en vreugde, ontwerp om glimlagte na jou en jou geliefdes te bring.
Jennifer Swart

Eienares

Handgemaakte varsheid

Elke produk word daagliks vars gebak om die beste gehalte en smaak te verseker.

Unieke Skeppings

Perfek as jy iets kreatiefs en spesiaals wil uitstraal.

Plaaslik Geliefd

Ons bedien ons gemeenskap met trots deur lekkernye wat met liefde gemaak word, en slegs die beste bestanddele gebruik.

bak met liefde

Of jy nou die lewe se grootste mylpale vier of bloot jouself bederf, ons is hier om elke oomblik soeter te maak.