Het jy vrae? Ons het antwoorde! Ons gereelde vrae-afdeling is hier om jou te help met alles wat jy oor Meer as Krummels moet weet. Van die plaas van bestellings, die maak van jou lekkernye tot jy dit ontvang, ons het dit alles gedek. As jy nie kan kry waarna jy soek nie, kontak gerus – ons is altyd bly om te help!
Daar is nie ‘n minimum bestel hoeveelhede met koeke nie, maar wel met feetjie koeke. Die minimum hoeveelheid per bestelling vir Feetjie koeke is 6.
Die enigste manier van betaling is EFT.
Alle bestellings is onderhewig aan ten minste 50% deposito.
1 Week voor jou bestelling gereedheid, kan jy nog kanselleer om te voorkom dat jy jou deposito verloor.
Alle bestellings is onderhewig aan 3-4 werksdae deurlooptyd om voorsiening te maak vir vervaardiging. Groter bestellings kan langer neem. Vervaardiging sal nie begin voordat betaling in Meer as Krummels se bankrekening reflekteer nie.
Absoluut! Deel jou visie met ons, en ons sal dit ‘n werklikheid maak. Let op alle veranderings moet 1 week voor bestelling gereedheid gedoen word.
Ja aflewering kan gereel word. Enige bestelling wat in Pta Oos moet afgelewer word is gratis. Buite Pta Oos sal ‘n addisionele koste bygereken word volgens die AA Koers. Aflewering vind plaas Maandae – Vrydae 08h00-17h00 en Saterdae 08h00-10h00.
Nee ongelukkig nie.
Om elke bestelling te verpak gebruik ons stewige bokse wat by die bestelling pas. Elke boks is dig verseël en sluit.
Ja jy is welkom om jou bestelling self by ons af te haal op ‘n vooraf gerëelde tyd.